In episode 3 van Spoorloos keer Adam en Christa terug na die toneel van die ongeluk – Buffelsdrif. Hier neem hulle kykers op hul eie heksejag na antwoorde en nóg meer geheime.
Aan die heel begin van episode 3 verneem ons dat Bettie, Adam se hoërskool liefde, vermis is en die dorp bymekaar kom om haar op te spoor. Adam het sy medikasie gestaak wat aan hom voorgeskryf is oor hy glo dit sy geheue onderdruk. Só begin hy dele van sy verlede onthou soos hy en Christa deur die dorp ry en om antwoorde soek.
Ons leer, saam met Adam, die dorpsmense ken. Van hulle is vriendelik en dalk té gemaklik om seker te maak dat Adam hulle nie kan onthou nie, ander is nie te gelukkig om hom weer in Buffelsdrif raak te loop nie. Ons leer oor Yvette se bonatuurlike kragte en dat sy beste vriend ook moontlik iets versteek.
Dié episode het ons beslis gelos met meer vrae as antwoorde:
Episode 4 het gesorg dat van ons soeke tot rus kan kom.
Adam is dokter toe na hy 'n migraine-aanval ervaar. Die dokter gee hom glo iets vir die onttrekkingsimptome wat hy ervaar oor hy sy medikasie gestaak het. Dié laat hom vreeslik sleg voel en loop hy (letterlik) vas in 'n hoërskool vriendin, Wanda. Deur Wanda, leer ons (én Adam) van die Hekse en die Buffels. Maar dis deur Lucy wat ons leer van die heksedans vir die Buffels.
Yvette se ouma blyk om meer antwoorde te hê wanneer sy Adam vertel dat hy dood nugter was toe hy en Yvette in die ongeluk beland het. Maar dit is Wanda wat die laaste blokkie in Bettie se legkaart bou.
Die heksejag is vêr van klaar in Spoorloos. Onthou om elke Dinsdag om 20:00 in te skakel op kykNET, DStv kanaal 144 en volg die feite saam op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk #Spoorloos te gebruik.