kyknet channel logo

Ballade vir 'n Enkeling - dié fliek om te sien

Nuus
16 Maart 2015
Die tyd is amper hier vir die nuwe Ballade vir 'n Enkeling fliek om in teaters te begin wys. Vrydag 20 Maart is die groot dag.
ballade

Op 20 Maart begin die fliek, Ballade vir ’n Enkeling, in teaters landswyd wys. Die fliek se première het reeds plaasgevind en diegene wat die fliek gesien het kan nie uitgepraat raak daaroor nie. Kyk hier na foto's van die Johannesburg première.

In die 1980's het die TV-reeks, Ballade vir ’n Enkeling, vir Gavin van den Berg beroemd gemaak. Sal die weergawe van dié gewilde reeks dieselfde roem beteken vir die akteur Armand Aucamp?

Die fliek handel oor Jacques Rynhard, ’n skrywer wat ’n gesogte prys vir sy debuut-boek ontvang, maar hy daag nie by die toekenningsaand op nie. Dit wil voorkom asof hy verdwyn het...

’n Tydskrifjoernalis, Carina Human, vertolk deur Donnalee Roberts, besluit om die raaisel om hierdie misterieuse skrywer te ontrafel. Wat sy ontdek is die tragiese verhaal van ’n seun wat daarvan beskuldig word dat hy sy pa doodgemaak het en deur sy ma verwerp is.

Kyk hier na die Heuwels Fantasties se musiekvideo vir Ballade vir ’n Enkeling.

Lees meer oor Ballade vir ’n Enkeling hier.

Kyk die musiekvideo vir Joshua na die Reën se weergawe van Voshaarnooi hier.

Kyk die voorskou-video hier onder: