Logo

Andrew Murray-Desmond Tutu-prysfonds 2024

Nuus
16 Julie 2024
Die Andrew Murray-Desmond Tutu-prysfonds het ten doel om Christelike publikasies van hoogstaande gehalte te bekroon.
AMDT Prys 2024

Ons doen dit deur middel van drie pryse: Andrew Murray Prys vir Christelike publikasies in Afrikaans, Andrew Murray Desmond Tutu prys vir Christelike publikasies in enige van die amptelike tale in Suid-Afrika, uitsluitend Afrikaans, en die Desmond Tutu-Gerrit Brandprys vir debuut werk in enige amptelike taal.

Dan maak ons ook toekennings as volg: FAK toekenning vir musiek, Elise Tempelhoff toekenning wat fokus op omgewingsbewaring, en die Jaap Durand-Denise Ackermann toekenning vir Eenheid, Geregtigheid en Versoening.

Die Prysfonds is in 1978 geskep as die Andrew Murray-prysfonds.  Sedert 2023, en om die veranderende realiteit van wat ons doen en hoe ons onsself in die samelewing posisioneer, het ons ook die Desmond Tutu naam aan die fonds gekoppel, met die toestemming en deelname van die Desmond and Leah Tutu Stigting. Op hierdie manier koppel ons die 19e eeuse dominee en die 20ste eeuse priester en aartsbiskop. Hulle het immers albei die verkondiging van die evangelie ten doel gehad. In lewe was die aartsbiskop 'n groot ondersteuner van die prysfonds, en sy naam was reeds etlike jare aan twee van die drie pryse gekoppel, met sy toestemming.

Desmond Tutu-Gerrit Brandprys

SANDY SCHOEMAN

Rooiletterkind (Naledi)

Die skrywer van hierdie debuutwerk kry dit reg om deernis en empatie by die leser te wek, jou saam met haar op reis te neem en te deel in haar verlange om ’n kind te hé – en die vreugde, maar ook probleme, met die uiteindelike aannemingsproses. Die skrywer kry dit ook reg om God se genade uit te beeld sonder om prekerig te klink. Sandy Schoeman skryf eerlik en nooi ’n mens uit om aandagtig te lees. Dis ’n boek sonder tierlantyntjies of pretensie en beeld ma-wees en familieverhoudings met begrip uit.

Beoordelaars: Anzel Kulsen, Lisel Joubert en Lizelle de Bruin. 

CLF-Elise Tempelhoff-toekenning vir Omgewingsbewaring en -geregtigheid

LIZELLE DE BRUIN ontvang hierdie toekenning, geborg deur Christelike Lek- tuurfonds, vir haar onvermoeide pogings in radiogesprekke en deur Wordwise-media om omgewingsbewustheid by haar luiteraars te kweek. Sy vleg omgewingsbewaring en -geregtigheid in haar onderhoude in en help sodoende om dié allerbelangrikste sake op die voorgrond te hou – juis ook as deel van ons Christelike verantwoordelikheid. Christelike Lektuur- fonds het groot waardering vir haar werk en is dankbaar dat hierdie toekenning onder die sambreel van die Andrew Murray-Desmond Tutu-prysfonds aan Lizelle de Bruin gemaak kan word.

Jaap Durand-Denise Ackermann- toekenning vir Eenheid, Geregtigheid en Versoening
Die organisasie BETEREINDERS ontvang hierdie toekenning, geborg deur Jannie Durand. Die Betereinders, gesetel in die Noorde, beveg enersyds armoede en andersyds wil hulle mense help om tuis te voel in die land en almal deel te wees van die groter, inklusiewe Suid-Afrika. Betereinders is ’n onafhanklike nie-regeringsorganisasie met 18A-status en dit staan “langs” die Fontainebleau-gemeenskapskerk. Die organisasie help gemeentelede met dissipelskap, reis in Suid-Afrika om te dien, en probeer ook om mense te betrek wat “moeg” is vir die kerk. Die voorsitter van Betereinders, Schalk van Heerden, se boek, Betereinder (Lux Verbi), wat onder meer ook vertel van die organisasie, was vanjaar op die kortlys vir die Desmond Tutu- Gerrit Brandprys vir debuutwerk. Doctor Mabila ontvang die toekenning namens Betereinders.

Andrew Murray-Desmond Tutu- prysfonds | Prize Fund

Oorhandigingsfunksie | Prize Giving Function 31-05-2024

Andrew Murrayprys 2024

Daar is méér mymeringe oor spiritualiteit van skoonheid, sin, siel en sterflikheid (Naledi)

Die beoordelaars meen die skrywer waag om moeilike terreine te verken, insluitend die konsep van God se teenwoordigheid in die kuberruimte (meta- versum), God in lyding, die lewe ná die dood, asook ‘n unieke en sagter Gods- beeld. “Hierdie werk is magistraal in omvang. Dit beklemtoon ook die mooie en skone in die chaos van die lewe. Die uitgebreide navorsing vir die boek is duidelik. Die resultaat is 699 bladsye pure bederf vir die leser.”

Beoordelaars: Nelus Niemandt, Maartje van der Westhuizen en Julian Jansen.

Andrew Murray-Desmond Tutu Prize

MIKE DEEB, PHILIPPE DENIS & MARK JAMES (editors)

Reluctant Prophet – Tributes to Albert Nolan (University of Johannesburg Press)

This impressive collection of 72 articles, gives glimpses into the life, teachings and writings of Albert Nolan as pastor, priest, prophet and political activist. This publication on Nolan’s work has the potential to initiate conversations about God image/s that Christians hold – not only in South Africa – given the global “inward” move towards nationalism. “The diversity of authors and flow of topics provides a comprehensive theological overwiew of a life for our times that reflects the liberating message of Christ to act justly in the world, the commitment of a priest/pastor/theologian in practical concrete contexts – a faith and theology that is rooted in life.”
Judges: Miranda Pillay, Nontando Hadebe and Fanie Snyman