Opsomming: Stroop is ’n emosionele wipwarit tussen Afrika en Asië wat reeds met 20 toekennings wêreldwyd bekroon is en vir die programme van 28 internasionale filmfeeste gekies is. Die twee filmmakers, Bonné de Bod en Susan Scott, plaas hulself in die spervuur van die renosterstropingskrisis om eksklusiewe insae in hierdie oorlog te kry. Wat aanvanklik ’n projek van ses maande sou wees, ontaard vinnig in ’n groter en gevaarliker interkontinentale speurtog as wat die twee vroue hulle ooit sou kon voorstel. Met behulp van veldwagters in Suid-Afrika se nasionale parke en met verbysterende beeldmateriaal, wat onder senutergende omstandighede verkry is, wys Stroop hoe renosterhoring verwerk, verpak en in Asië verkoop word en onthul dit die wêreldwye handel in renosterhoring soos nog nooit tevore nie.
Vervaardigers: Bonné de Bod en Susan Scott
Regisseur: Susan Scott
Draaiboek: Susan Scott (vertaal deur Liryn de Jager, Ansie Venter en Bonné de Bod)
Met:
Bonné de Bod