Opsomming: Tydens die De Beer-gesin – Herman, Racheltjie en klein Jamie – se trek na die goudvelde, raak hul ossewa onklaar en vind hulle noodgedwonge verblyf op ’n afgeleë plaas in die bergagtige Oos-Vrystaat. ’n Koue front is op pad en Herman word gewaarsku dat hulle op die plaas sal moet aanbly en wag tot die sneeu opklaar voor hulle weer die pad na die goudvelde toe aandurf. Op die aand van Goeie Vrydag sluip Racheltjie en Jamie uit die huis om hul ma se lewe en dood te herdenk. Herman is gekant daarteen en betrap hulle. In ’n woede-uitbarsting besluit hy om summier die pad te vat. Die stormwolke en verwoede wind dwing hom egter om te wag. En dan kom Herman en Racheltjie agter dat Jamie uitgeglip het om sy verlore kalfie te gaan soek. ‘n Soekgeselskap word uitgestuur terwyl Racheltjie die huis beman. Toe die eertse sneeuvlokkies val, besef Racheltjie dat Jamie waarskynlik na die mierneste gegaan het waar hulle ’n vorige keer die kalfie gevind het. Sy durf die wind en sneeu aan en kom te staan voor ’n keuse wat of hul beide se lewens sal kos of een sal laat oorleef.
Vervaardiger: Johan Kruger
Regisseur: Matthys Boshoff
Draaiboek: Brett Michael Innes & Matthys Boshoff
Met:
Stian Bam
Antionette Louw
Marius Weyers
Sandra Prinsloo
Zonika de Vries
Seputla Sebogodi
Die sneeu en goudvelde – Racheltjie de Beer