Opsomming:
’n Hawelose vrou se verhaal het ’n ingrypende invloed op twee jongmense se lewens.
Daniël en Klara bly in dieselfde woonstelblok waar ’n eksentrieke hawelose ou vrou, Denise, gereeld met haar winkeltrollie vol nuttelose stofgaarders kom smous. Denise blyk egter oor veel meer te beskik as haar trollie vol negosieware. Haar ryke lewenservaring het ’n blywende en ingrypende invloed op die twee jongmense, wie se lewens skynbaar nie volgens plan verloop nie.
Rolverdeling:
Denise – Elize Cawood
Klara – Leandie du Randt Bosch
Daniël – Pietie Beyers
Agter die skerms:
Verhaal – Erica Harris, wenner van die 2017 Sanlam RSG Radiodrama Skryfkompetisie.
Draaiboek – Monique Nortjé
Oorlewing C-blok: Foto’s