Opsomming: ’n Swazi-dogtertjie begewe haar op ’n gevaarlike tog om haar tweelingboeties te red. Hierdie Afrika-verhaal kom uit die verbeelding van vyf weeskinders in Swaziland. Saam vertel hulle ’n storie van durf en uithouvermoë, wat spruit uit hul eie donkerste herinneringe en blinkste drome. Hulle fiksionele karakter, Liyana, se avonture ontvou as animasiefilm wat verweef word met sowel liriese as grinterige dokumentêre tonele. Dis ’n film wat genre-grense verskuif in ’n viering van Swaziland se natuurskoon, dapperheid en die krag van kollektiewe storievertelkuns.
Vervaardiger: Thandie Newton
Regisseurs: Aaron Kopp en Amanda Kopp
Draaiboek: Sibusiso, Zweli, Phumlani, Nomcebo, Mkhuleko