Karen Els (46), Malmesbury
Dié Swartlander is ’n voormalige lugwaardin wat lank reeds droom om aan Kokkedoor deel te neem. Hierdie is vir haar ’n ervaring wat sy vir haarself aanpak – sy het in 2013 aan Masterchef deelgeneem en moes daarna stormwaters in haar persoonlike lewe trotseer.