Logo

Amptelike Lokprent – Die dekonstruksie van Retta Blom

Video
13 Junie

Retta Blom het die perfekte lewe. Of so lyk dit. ’n Liefdevolle man, ’n seun, ’n hond en haar droomhuis in ’n groen, gegoede buurt in Johannesburg. Maar een oggend sien haar perfeksionistiese oog ’n klein krakie in die vernis raak. Sy begin twyfel. Sy begin ondersoek instel. Miskien is haar man, Tobias, nie alles wat hy voorgee hy is nie. Kan dit wees dat hy al jare lank ’n donker geheim vir haar wegsteek? Wanneer sy en haar maltrap-kunstenaarsvriendin Leigh ’n road trip Kaap toe onderneem, begin die legkaartstukke een vir een inmekaarpas. En met elke nuwe stuk wat pas, rafel Retta nog ’n bietjie verder uit. #Silwerskermfees