kyknet channel logo

Tandoori lamstjops

17 Oktober

6 persone

Braai

2

‘n Tandoor is ‘n klei-oond wat tradisioneel in die Indiese kookkuns gebruik word. Tandoori verwys na enige kos wat in ‘n tandoor voorberei is.

Episode 16 Tandoori lamb Loin chops
Bestanddele

16–20 Lamtjops

500 ml Gewone jogurt

2 sopies Tandoori masala / Tikka masala

1 sopie Suurlemoensap

1 sopie Knoffel & Gemmer opgekap

Sout

Metode
  1. Verwyder oortollige vet van die tjops, maar los darem ‘n bietjie vir smaak.
  2. Berei die marinade deur die jogurt, masala, suurlemoensap, knofel en gemmer in ‘n bak saam te meng. Gebruik jou skoon hande of ‘n lepel om die tjops in die marinade rond te rol. Maak seker dat hulle met die sous bedek is.
  3. Los hulle ‘n paar ure of ‘n dag om te marineer.
  4. Braai oor warm kole (maar nie te warm nie) vir omtrent 10 tot 12 minute tot tussen medium-rou en halfgaar waar lamstjops die lekkerste is. Maal sout oor albei kante van die tjops terwyl hulle braai
Episode 15   Dulche de leche Braaibroodjie
Jan Braai
Sub Titel

Karamelbraaibroodjie

Gewildste Resepte