Maandag, 17 April
Eric se dag is vol verrassings en onthullings, terwyl die soektog na Brendan iets onverwags oplewer. Mrs J sit met haar hande in haar hare, en Dirk het groot nuus.
Dinsdag, 18 April
Bianca speel vir tyd om te besluit, maar dit word vinnig minder. Ty begin vermoed Carlo weet meer as wat hy sê, terwyl iemand iets agter Bridgette se rug doen.
Woensdag, 19 April
AB en Mymoena se plan om van Dirk ontslae te raak boemerang lelik. Danni is nie gereed om ma te speel nie en wat het van Eric geword?
Donderdag, 20 April
Die Samsodiens staar ‘n uitdaging in die gesig, terwyl Bridgette vir Eric op die been probeer kry. Brendan word weer vermis en Angie plaas Wade in ’n moeilike situasie.
Vrydag, 21 April
Bridgette word voor die JPD-raad gedaag oor haar planne met Eric en Tambotielaan. Wade is bevrees hy word vervang met Aiden, terwyl Dirk en Bianca ’n groot besluit neem.
Skakel elke Weeksdag in om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie vir al die aksie op #Suidooster.