Logo

Tussen tonele met Shimmy Isaacs

Nuus
12 Junie 2024
Die akteur en komediant praat oor wat na aan haar hart lê, insluitend haar nuwe projek “Mince jou hare” en hoe sy gemotiveerd bly.
Shimmy Isaacs

Shimmy Isaacs dra verskeie hoede: Vervaardiger, filmmaker, skrywer en skepper.

Sy is bekend vir verskeie rolle op die kassie soos Petra in Arendsvlei en sy vermaak ook gehore op die verhoog as komediant. As skrywer het sy al vir verskeie produksies geskryf, insluitend die komedie-drama Karavaan en sy het vrae opgestel vir die eerste seisoen van Kyk wie praat.

Shimmy, wat die oudste van drie dogters is, is in haar nuutste projek, Mince jou hare die mede-vervaardiger van die Showmax Original-komediereeks: Die reeks handel oor die lewe van Frieda (gespeel deur Melissa de Vries) wat haar haarsalon vanaf haar huis bestuur. Die storie is gebaseer op die lewe van Shimmy se ma.

Sy noem aan kykNET Digitaal dat sy al vir  vir jare gevoel het asof  sy haar mamma se storie moes vertel. “Ek het die voorreg gehad om te kyk hoe my ma iets van haar lewe gemaak het.”

Watter items gaan ten alle tye saam met jou stel toe?

  1. My eie koppie – ons moes vanaf COVID-19 ons eie koppies stel toe begin bring het.
  2. Oorfone, want ek hou daarvan om tussenin die geskiet van tonele na podcasts te luister.
  3. Avokado [kykNET: Vir jou hare?] Hmmm…

Indien jy kan, watter een van die karakters wat jy al vertolk het was jou gunsteling en hoekom? 

Bennas was lekker. Dis die skurk in die film Frankie en Felipé.

Ek is baie goed in drama – ek het rolle soos Liena in Sara se geheim geniet. Een van die mooiste karakters was Alice in Netflix se dramareeks Unseen.

Ek is ook baie lief vir stand-up comedy doen. For stand-up comedians it’s about serving the people. They hope people find them funny. It’s solitary.

Ek is bly dat ek ‘n baie versatile loopbaan gehad het.

Watter rol het jou al die meeste uitgedaag in jou loopbaan en hoekom?

Die rol Alice wat ek in die drama, Unseen op Netflix gespeel het. Ek het teenoor Gail Mabalane gespeel.

Alice was gentle, she moved people, she moved me. It was exhausting. Daar was complexities aan die karakter. Vir een of ander rede hou ek van sulke rolle. Dis iets wat ek baie goed doen – rolle in dramas.

Ek is die teenoorgestelde van die karakters: I’m a trailblazer, I’m a fighter, a boss, ek is sterk. Maar die karakters (soos Alice) het ‘n innerlike krag.

Baie van daai karakters se stories kry nie altyd die aandag wat dit moet nie. So ons as akteurs probeer altyd dit tot die beste van ons  vermoeë te speel. Ons as storie-vertellers wil vir karakters (soos Alice) sê they matter to the world.

Jou reeks is nou te sien op Showmax. Waarom die titel "Mince jou hare"?

Oorspronklik was Mince jou hare se titel eers “Frieda” gewees. Later het ek dit verander want ek wou ‘n jonger gehoor betrek. The title, it needed to be catchy. And I’m the queen of titles! One of my stand-up comedian shows was called “Nou soe”.

Die titel sê ook dat dit ‘n Coloured show is.

“Mince” is what happens to your hair when heat hits the cold. It can happen through sweat. “Mince” is the description of what your hair will look like, like “mince” (vleis). It’s the term we used on the Cape Flats.

However, “Mince jou hare” means “kom ons waai, kom ons loop” of “wip jou hare meisie”. The title of the show is a statement, not a description of hair.

Voltooi die sin: Kykers sal "Mince jou hare" geniet, want...

Dit is ‘n storie oor familie en deursettingsvermoë.

It is a lighthearted story.

Frieda se huis is daai huis waar almal wil wees. My ma se huis was so –  al gaan sit jy net daar by haar huis en doen niks, that’s what my mommy’s place is. Sy is meer as net ‘n haarkapper, ‘n niggie, ‘n suster… Ek het dit beleef.

Het jy onlangs iets geleer by ’n ander akteur/ persoon op stel wat jou geïnspireer het?

Alan Committie. In ‘n rehearsal het hy eendag vir my gesê: “Always tell people who you are.”

Daai ding het my geruk want sy boodskap was dat jy nie moet aanneem mense weet wie jy is nie.

Ek het dit (sy raad) ter harte gevat [en gebruik die advies veral as ek myself voor stel]. Something shifts the moment I introduce myself; it disarms you. I open the space to get to know you.

Al kom daar ‘n fan na my toe; ek stel myself voor, want daai persoon ken die karakter, jy ken nie vir Shimmy nie. Op daai manier leer die gehoor die verskil ken tussen jou as persoon en jou as karakter.

Saam met watter persoon in die industrie sal jy nog mee wil werk eendag?

Lika Berning. Sy is my maatjie, ek is mal oor haar.

Is daar ’n fliek of reeks op kykNET of Showmax wat jy onlangs gesien het waar jy gedink het jy sal nogal graag daarin wil speel?

Trompoppie. Ek moes ‘n oudisie vir ‘n rol doen in die reeks, maar ek was te besig daai tyd. I had to take a break [and this project was one of those things I had to say “no” to]. Toe ek later sien dis ‘n thriller, was ek ‘n bietjie kwaad vir myself, want ek hou van thrillers. Ek het nie geweet dit gaan ‘n thriller wees nie.

Hoe motiveer jy jouself nadat jy ’n moeilike dag agter die rug het?

Ek is mal oor gym. I combine prayer with exercise – for mental clarity and spiritual courage to become fearless.

Wat is jou motto in die lewe?

Ek het so baie. Dis op my yskas [by die werk]. Waar ook al ek werk neem ek persoonlike goed soos hierdie saam met my.

Die eerste ene lees: Stop fighting God’s plan for you.

‘n Ander ene sê: Focus, don’t be distracted by other people.

Nog ene lees: Work with the skin you are in. Once you accept that is your reality, only then can inner peace find you.

As jy enige ander celebrity moet speel, plaaslik of internasionaal, wie sal dit wees en hoekom?

Winnie Mandela. I’ve always admired her. Ek onthou nog die eerste keer toe ek haar gesien het – dit was in 1990. Sy en Nelson Mandela was op Victor Verster. Ek was 11 of 12 jaar oud.

Ek was op die mat op ons voorkamer, die dorp was aan die brand, it was crazy. Sy het geglimlag en het soos my ma gelyk. Sy was so mooi. Ek is baie lief vir haar.

She’s a pillar of strength, with such integrity. She left such a mark. What a force to be reckoned with!

Ek het haar boek gelees [Truth, Lies and Alibis : A Winnie Mandela Story]. Many chapters especially her early life, it just moved me.

Dit sal ‘n eer vir my wees om haar te speel. Mense sal sê “jy is nie swart nie”. Ek is ‘n Suid-Afrikaner, we’re such a mixed nation. Winnie was mixed.

Mince jou hare episodes is beskikbaar op Showmax. Elke Maandag word ‘n nuwe episode vrygestel. Jy kan ook Sara se geheim op Showmax stroom. Arendsvlei word uitgesaai vanaf Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie, DStv-kanaal 145 en is beskikbaar op DStv Stream. Die tweede seisoen van Magda Louw se Box set is beskikbaar op DStv.