Logo
Glam Guru
web uni tv guide

Glam Guru

144VoorkomsPG

Skryf nou in! Die "Glam Guru" swaai weer sy towerkwas

Nuus
24 Junie 2024
Maak seker jy skryf in teen 30 Junie 2024.
Hannon Bothma

Hannon Bothma, bekend as die Glam Guru, weet hoe om die beste uit mense te bring. Vir 23 seisoene het hy deur die jare gewys wat die regte haarsny en grimering aan enige voorkoms kan doen. Hy word nie verniet ’n super-stilis en wonderwerker genoem nie.

Die goeie nuus is dat ’n nuwe seisoen van Glam Guru eersdaags verfilm word, en jy staan nou die kans om een van die gelukkiges te wees om deur Hannon se skêr en grimeerkwas omgetower te word.

“As iemand in die spieël kyk en die mooiste weergawe van hulself sien, gee dit hoop en inspirasie vir die toekoms,” sê Hannon. “Om weg te stap van die voorkoms waaraan deelnemers lank vasgehou het, gee ek hulle radikale veranderings deur hulle haarstyl, grimering en klere te verander. Selfs hulle eie families is stomgeslaan en moet twee keer kyk om seker te maak dit is dieselfde persoon. As jy dus op jou beste wil lyk en voel, is Glam Guru daar vir inspirasie, en jy kan nou een van die gelukkiges wees om in my omtowerstoel te kom sit.”

Wat moet jy doen as jy as een van die deelnemers wil wees? 

  1. Stuur ’n e-pos aan [email protected] met jou naam, van, adres en telefoonnommer.
  2. Heg ’n vollengte- sowel as ’n gesigfoto van jouself of van die persoon wat jy graag wil inskryf aan. Die foto’s mag nie ouer as ’n maand wees nie. Duidelike selfoonfoto’s is ideaal en waar die lengte van hare sigbaar is.
  3. Gebruik jou naam en “Glam Guru-inskrywing” in die onderwerpsveld.
  4. Suksesvolle kandidate sal genooi word vir ’n persoonlike onderhoud met Hannon. Die onderhoud sowel as die opnames sal in Johannesburg wees.
  5. Die eerste onderhoude is reeds in Julie. So, vinnig spring met jou inskrywing.

Reëls en regulasies

  • Enige onvolledige aansoeke sal nie oorweeg word nie.
  • Geen korrespondensie sal gevoer word indien jou aansoek nie suksesvol was nie.
  • Inskrywings open op 24 Junie en sluit op 30 Junie 2024 om middernag.
  • Suksesvolle kandidate sal per e-pos laat weet word.