Logo
Kokkedoor Vuur & Vlam
web uni tv guide

Kokkedoor: Vuur en Vlam

144Realiteit13 L

Karen se reis – Kokkedoor Vuur & Vlam

Nuus
21 Oktober 2023
Karen Els is hierdie jaar se Onthoukok-wenner!
Karen Kokkedoor

Karen het van die begin af hierdie kompetisie gesien as ’n nuwe begin en nou dat sy ’n #KokkedoorVuurVlam-wenner is kan dié Onthoukok werklik die volgende fase van haar lewe aanpak met vars energie.



Karen moes hard werk om sukses te behaal nadat sy rou vis bedien het met die heel eerste uitdaging. Die beoordelaars was egter baie beïndruk met die brood wat sy gemaak het in slegs ’n uur en die tekens was duidelik dat hierdie Onthoukok beslis weet wat sy doen.

In die volgende episode het sy en Mandre die uitdaging gewen en van hier af het Kobus en Bertus gereeld top-klas disse van Karen ontvang.



Karen se reis na die finaal was egter nie sonder probleme nie. Alhoewel sy en Kevin saam ’n uitdaging gewen het, het Karen gesukkel om dié kombinasie te laat werk omdat daar byna geen kommunikasie tussen die twee plaasgevind het nie. Hierdie probleem het amper vir Karen baie duur gekos toe sy en haar spanmaat in episode 10 ’n slegte dag in die kombuis gehad het en verlig was dat niemand tydens hierdie episode huis toe gestuur is nie.



Die momentum het beslis geswaai toe Karen en Gert weer die geleentheid gekry het om saam te braai. Dié twee se passie, spanwerk en vermoë om smullekker tradisionele disse te bedien was genoeg #KokkedoorVuurVlam te wen!

Stroom nou alle episodes van #KokkedoorVuurVlam op DStv Stream.