Logo
Kokkedoor Vuur & Vlam
web uni tv guide

Kokkedoor: Vuur en Vlam

144Realiteit13 L

Hitte met Herman: Botterkerrie met ’n rookgeur  – Kokkedoor Vuur & Vlam

Nuus
03 Augustus 2023
Hierdie botterkerrie-resep van Herman Lensing het ons monde laat water!
Botterkerrie image Kokkedoor

Dit bly een van my lekkerste kerrieresepte en jy maak dit in ’n kits. Gebruik ontbeende hoenderdye. Die stukkie gloeiende steenkool met sy botterrook aan die einde is ’n moet.

Genoeg vir 4-6

Wat jy benodig: 

 hout of kole vir braai

45 ml olyfolie

l ui, fyngekap

2 knoffelhuisies, fyngekap

30 ml geroosterde masala

30 ml komynsaad

20 ml fyn droë koljander

20 ml vinkelsaad

400 ml-blik klappermelk

400 g-blik tamatiepuree

24 ontbeende hoenderdye

sout en varsgemaalde swartpeper

410 g-blik botterbone, gedreineer

1 hand vol vars koljanderblare, fyngekap

100g (110 ml) botter, gesmelt

rys en ongegeurde jogurt vir voorsit

Hoe jy dit doen:

Kry kole matig warm, maar maak sommer ’n groot vuur sodat jy kole kan byskep soos jy aangaan. Verhit olyfolie in ’n gietysterplatboompot, sowat 15 cm bo kole. Verhit olie in 'n condvaste swaarboomkastrol tot warm. Voeg ui en knoffel by en roerbraai 2 minute. Voeg speserye by, verlaag hitte en roerbraai 5 minute – voeg ’n bietjie water by as dit lyk of die speserye gaan brand. Voeg klappermelk en tamatiepuree by. Verhit weer tot kookpunt en plaas hoender in sous. Geur goed met sout en peper. Kook onbedek vir 35-40 minute of tot gaar. Voeg botterbone en vars koljander by en roer deur. Gebruik ’n stukkie tinfoelie om ’n klein bakkie te vorm wat groot genoeg is om een warm kooltjie te hou. Plaas foeliebakkie bo-op kerrie in pot en plaas ’n rooiwarm kooltjie in bakkie. Giet gesmelte botter bo-oor gloeiende kooltjie en sit pot se deksel dadelik op. Laat staan net so vir 15 minute met min kole onder die pot. Haal deksel af, verwyder kooltjie en sit kerrie voor met rys en ongegeurde jogurt.

Kyk die video hier bo om te sien presies hoe Herman dié resep voorberei!