Die GROOT Ontbyt-aanbieder Hendri Myburgh en sy vrou, Zonica, se eersteling is vanoggend in Pretoria gebore. Marloux Myburgh is ’n gesonde seuntjie wat 3,280 kg weeg en 50 cm lank is.
Toe hulle gevra is hoe hulle voel het die ouerpaar dadelik geantwoord: “Ons het gedink ons weet wat liefde is, maar liefde het nou ’n nuwe definisie!”
Van die hele GROOT Ontbyt-span, GROOTfm 90.5 en kykNET, baie geluk Hendri en Zonica en welkom in die wêreld, Marloux!