Logo
Kokkedoor Vuur & Vlam
web uni tv guide

Kokkedoor: Vuur en Vlam

144Realiteit13 L

Gert se reis – Kokkedoor Vuur & Vlam

Nuus
21 Oktober 2023
Gert Joubert is die Kinkelkok-wenner van #KokkedoorVuurVlam!
Kokkedoor Gert

Gert het glad nie tyd benodig om sy voete in dié kompetisie te vind nie. Nadat hy die beoordelaars met sy eerste dis al beïndruk het, het Gert die geleentheid gekry om sy spanmaat te kies en hy het besluit dat Anel die beste opsie is. Gert het egter op tye gesukkel om sy merk te maak met Anel wat leiding neem met meeste van die uitdagings wat hierdie twee saam aangepak het.



In episode 5 het Gert en Karen die perfekte balans bereik met hulle kos en besef dat hierdie ook die begin van iets baie spesiaal kan wees. Soos wat die reeks verloop het moes Gert met ander spanmaats ook ’n middeweg vind om te vorder in die kompetisie.



In die tiende episode het Gert en Joubert briljant saam gewerk en die beste ete van die kompetisie voorberei. Na hierdie ongelooflike maaltyd het Gert weer die kans gekry om saam met Karen te kompeteer en vanaf hierdie punt het dié span skaars ’n voet verkeerd gesit!



In dié span het beide Gert en Karen werklik die “perfekte balans” gevind met uitstekende kommunikasie en hulle albei se liefde vir smaaklike tradisionele geregte. Saam het hierdie twee vuur en vlam tot die beste van hulle vermoë gebruik en genoeg gedoen om as die wenners van #KokkedoorVuurVlam gekroon te word.

Stroom nou alle episodes van #KokkedoorVuurVlam op DStv Stream.