kyknet channel logo

Spoegwolf - Slapende Honde (Official)

Video
09 September

© Spoegwolf (PTY) LTD 2022 Oorspronklike Liedjie deur Danie Du Toit Oorspronklike Musiek deur Spoegwolf Slapende Honde is beskikbaar op alle streaming platforms. Vervaardig deur Spoegwolf Editing: Damiane van Reenen Cinematography: Damiane van Reenen en Jess Reid Video is geskiet op toer in Amsterdam, Ierland en Londen gedurende Augustus 2022. Spoegwolf is Danie du Toit Chris von Wielligh Albert van der Merwe Moskou du Toit Slapende Honde: Song en Lirieke deur Danie du Toit Musiek deur Spoegwolf Lirieke: Dink jy ek sal daar uit kan kom daardie dag In die kerksaal In die somer Dink jy die wild in my sal aanhou slaap Jy't met joune My bedaar En nou By jou Die son rus op slapende honde Jy't verander En ek het ook Ek weet jy sal my nooit verraai nie Nie as die wind of die dood of die Here deur jou waai nie Jy weet ek sal jou nooit verraai nie Nie as die wind of die dood of die Here deur my waai nie Dink jy ek's sterk genoeg om als te hou 'n Dak oor ons kinders 'n Kaggel in die winter Dink jy ek sal my stories nog kan skryf Ek wil iets oor jou Sterker as tyd In harte bou So diep as die blou Die son sak oor slapende honde Jy't verander Ek het ook Ek weet jy sal my nooit verraai nie Nie as die wind of die dood of die Here deur jou waai nie Jy weet ek sal jou nooit verraai nie Nie as die wind of die dood of die Here deur my waai nie