kyknet channel logo

Amptelike Lokprent - Som van twee - Silwerskermfees 2024

Video
14 Junie

Henk is ’n ervare sielkundige, maar ná die verlies van sy vrou, Nicolene, is hy magteloos om homself te help. Hy kan ook nie deurdring tot sy seun, Renier, nie wat sy pyn agter woede en ontkenning verberg. Tydens Nicolene se begrafnis bieg Henk dat hy destyds die matriek-Wiskundevraestel aan die ganse Barberton uitgelek het. ’n Ondersoek volg en die hele klas van 1990 moet die eksamen herskryf of hul matrieksertifikaat verloor. Henk vra Renier om hom te tutor, maar dit sukkel. En sy ou klasmaats is woedend oor die moeilikheid wat hy veroorsaak het. Dinge ruk hand uit en bring Henk voor ’n onmoontlike keuse te staan. #Silwerskermfees