web uni tv guide
web uni tv guide

Prontuit

144NuusPG13

Prontuit 2 Julie 2018: Transito-rooftogte - Segment 1

Video
03 Julie

Prontuit 2 Julie 2018: Transito-rooftogte - Segment 1 Vanjaar is een van die ergste wat transito-rooftogte betref. Die parlementêre portefeulje-komitee het onlangs ‘n sitting hieroor gehou in ‘n poging om al die rolspelers – die polisie, die sekuriteitsmaatskappye wat die kontant vervoer en die Suid-Afrikaanse bankrisiko-inligtingsentrum, by een te bring sodat ‘n samewerkingstrategie ontwikkel kan word. In 2014 was daar 180 sulke rooftogte. In 2017 het dit met ‘n verstommende 105% toegeneem tot 370 voorvalle en vanjaar was daar reeds meer as 140 sulke rooftogte waarin honderde miljoene rand gesteel is. Voorts sterf talle van die wagte wat hierdie voertuie beman. Die koste van die voertuie wat opgeblaas word beloop meer as R64 miljoen. Anneliese Burgess se boek, Heist: South Africa’s Cash-in-Transit Epidemic Uncovered, werp meer lig op hierdie uiters geweldadige vorm van misdaad. Wees deel van kykNET se Youtube-kanaal vir soveel meer kykgenot. Volg kykNET op Twitter: https://twitter.com/kykNETtv Like kykNET op Facebook: https://www.facebook.com/kyknet Besoek http://kyknet.dstv.com kykNET bied 'n verskeidenheid van Afrikaanse vermaak - van hope musiek en onderhoude met SA-en internasionale persoonlikhede tot komedie, drama en sepies - daar's iets vir die hele familie! Skakel in op kanaal 144 vir die beste in vermaak. Kyk net!