web uni tv guide
moederhart S1
web uni tv guide

Moederhart

145TelenovelaPG13 L
Moederhart telenovela

OOR DIE PROGRAM

"Moederhart" vertel die storie van 'n enkelma en haar kinders wat skielik in armoede gelaat word. Volg die drama en die intrige rondom hierdie familie en hulle vriende in die oorgeklankte Turkse telenovela wat op 8 Januarie 2024 om 17:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) begin.

S1 | E148
19 September 20:00
'S1/E148 of 160'. Zeynep is vuur en vlam om vir Cemre Ahmet se bekentenis te wys. Suna het 'n blink plan om Onur te laat...

Nóg ’n splinternuwe oorgeklankte Turkse telenovela vir kykNET&kie in Januarie

News
08 Desember 2023
"Moederhart" vertel die storie van 'n enkelma en haar vier kinders wat in armoede gelaat is na haar man se dood.
Moederhart kykNET&kie

Die nuwe jaar maak ook plek vir ’n nuwe oorgeklankte Turkse telenovela wat op 8 Januarie 2024 om 17:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) afskop.

Moederhart vertel die verhaal van drie susters en hul broer – Zeynep, Emre, Cemre en Aysun - wat saam met hulle ma, Nefise, in armoede gelaat word ná die skielike dood van hulle pa. As enkelma voel Nefise dikwels magteloos, maar met die hulp van ’n familielid, begin sy vir ’n ryk familie in ’n herehuis werk. Die huis word besit deur Muzaffer en sy broer, Onur, wat ook saam ’n maatskappy bestuur.

Om haar gesin te help, begin Zeynep vir Ahmet werk, wat verlief op haar is. Tydens 'n sakevergadering ontmoet Zeynep vir Onur, wat 'n ingewikkelde liefdesdriehoek tussen die drie veroorsaak. In ’n ander wending begin Muzaffer gevoelens vir Nefise kry, maar Emre keur nie hulle verhouding goed nie. Gaan liefde op die ou end wen vir hierdie ma en dogter?

Moederhart se oorspronklike Turkse titel is Kanatsiz Kuslar en die reeks is in Istanbul in Turkye verfilm.

Die hoofkarakters is:

Zeynep wat gespeel word deur Melis Tüzüngüç. Zeynep is die oudste van Nefise se kinders en sal haar eie drome opgee vir haar jonger susters en broer. Danielle Retief is vir haar Afrikaanse stem verantwoordelik.

Onur (Ümit Kantarcilar) is ’n jong sakeman met ’n blink toekoms. Ten spyte van die feit dat Zeynep se agtergrond van syne verskil, sal hy enigiets doen om haar liefde te wen. Tiaan Kelderman se stem word vir Onur gebruik.

Ahmet (Ahmet Varli) het ’n groot hart en hoewel Zeynep nie oor hom voel soos hy oor haar nie, sal hy aanhou baklei teen sy teenstaander, Onur. Donovan Petersen is Ahmet se stem in Afrikaans.

Nefise (Deniz Bolisik) is ’n vrou wat alles in haar vermoë vir haar kinders sal doen en om toe te sien dat hulle altyd saam is. Om ’n goeie ma te wees, is die belangrikste ding in haar lewe. Natasja Jacobs is vir Nefise se stem verantwoordelik.

Muzaffer (Fatih Al) is ’n suksesvolle sakeman en staan aan hoof van die welgestelde familie. Sy lewe word egter op sy kop gekeer wanneer Nefise in sy lewe instap. Anton Schmidt is Muzaffer se Afrikaanse stem.

Azime (Servet Pandur) werk al jare in Muzaffer se herehuis en gee voor sy is Nefise se vriendin, maar sy is agterbaks en manipulerend. Marijke Coetzer is Azime se stem in Afrikaans.

Ook in die rolverdeling is Gizem Gunes as Cemre (stem deur Monica Muller), Emir Ozden as Emre (stem deur Zach Mtombeni), Seda Turkmen as Tuba (stem deur Anré Bouguenon) en Yusuf Baymaz as Suat (stem deur Luan Jacobs).

Moederhart begin 8 Januarie 2024 om 17:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitsaai.

Nog Programme

DStv Catchup
Suidooster S10 Poster KN

Suidooster

18:00 | 20 Sep
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Binnelanders S14 Poster

Binnelanders

19:30 | 20 Sep
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Diepe waters poster

Diepe Waters

18:30 | 23 Sep
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Skemergrond speel af in Gemoedsdrif en draai om die Louw-familie en hulle pragtige blomplaas. Die Louws se rustige bestaan word omvergegooi wanneer onverwagte gaste opdaag wat dreig om skokkende familiegeheime te onthul.

Skemergrond

19:30 | 23 Sep
web uni tv guide
Kanaal
145
DStv Catchup
’n Groep onderwysers wat ná dekades steeds aan mekaar verbind is. Vyf skoolvriende wat jou onderwysers is by die skool waar hulle nie net skoolgegaan het nie, maar waar dieselfde skoolhoof van destyds steeds die septer swaai.

Pronk Primêr

20:00 | 23 Sep
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Nêrens, Noord-Kaap

Nêrens, Noord-Kaap

20:00 | 24 Sep
web uni tv guide
Kanaal
144