Suikerbekkie, ek wil jou hê. Die onthouskatkis loop oor van gebakte poedings met 'n spesiale gas wat al van kindsbeen sy soettande slyp. Die geure van sagopoeding, souskluitjies, kaneel en vla warrel deur die Kokkedoorstoor. Tyd sal leer wat die hardebaardmanne in leerbaadjies dink van die outydse poedings in 'n laehals-rokkie.