web uni tv guide
kykNET_Juffrou_X_Slim_billboard
web uni tv guide

Juffrou X

144Drama16 VSL
KV2 Deelnemer Hester Claassen9

Hester Claassen

Ouderdom: 53
Tuisdorp: Bronkhorstspruit
Beroep: Huisvrou/kunstenaar

Hoekom dink jy is jy ’n goeie kandidaat vir die kykNET-program Kunsvlyt?
Ek is die beste kandidaat, want ek is versot op kuns en die kunste. Ek hou van alle mediums. Ek besit deursettingsvermoë en kan goed onder druk werk. Ek is baie goed met enige iets wat ek aanpak… die rede is my liefde vir kuns en ek hou nie op voordat ek dit bemeester het nie. Dis soos om ’n werk te hê, maar nie te werk nie. Dis die heletyd speeltyd, want dis heerlik om te skep. Dit maak my gelukkig om kuns te kan beoefen. Kuns is vir my om asem te haal dit kom natuurlik.

Watter tipe kunsvlyt doen jy en wat geniet jy die meeste?
Op hierdie oomblik geniet ek loodglas en nog altyd scrapbooking die meeste. Die kleure en fasette wat gepaardgaan om net te kan skep, is my lewe. Ek doen tussen die loodglas, en scrapbooking enige ander kuns wat my hande kan vind, ek is altyd besig met die een of ander projek. Enige kunsvorm is vir my lekker – dis ’n breinskuif wat jy maak om dit enduit te voer. Die lekker as ’n item klaar is.

Hoe gereeld doen jy kunsvlyt?
Elke dag van my lewe, 7 dae ’n week.

Watter ander stokperdjies beoefen jy?
Ek groei bonsai-bome en maak tuin.
Mosaïek – enige vorm en medium. 
Naaldwerk – ek doen dit al vir jare en jare, kan enigiets maak met my masjien.
Decoupage – op kaste, blikke en hout. 
Metalling en pewter – metalling is harder en pas almal se sak.
Décor –  skilder mure met verwe en teksure.
Skilder – ek is lief vir olie en akriel, maar doen ook waterverf, pastelle ens. Ek het al met byna alle mediums gewerk.
Sweis – yster, blik en draad. Maak items vir my tuin.
Sement –  dis ’n lekker medium, jy kan enigiets met dit maak.
Stensil – op alles, met verskeie tegnieke.
Fotografie.
Screen printing.
Houtwerk – veral palette dis ’n wye kunsvorm.

Wat is die grootste passie in jou lewe?
My droom is om my eie besigheid te kan hê sodat ek ander in staat kan stel om ook te kan doen wat ek doen. En natuurlik sal daar enige medium op die rak wees. Jesus het ons elkeen ’n talent gegee wat ons ten volle moet benut.

Vertel ons meer van jou gesin/familie.
My gesin ondersteun my ten volle met elke ding wat ek aanpak. My man het my altyd aangepor om nog te doen. Hy het my ten volle geken en aangemoedig, want hy het geweet my behoefte is om te kan kuns skep. My kinders is net so kunstig soos ek en kuns kom heel natuurlik vir ons. Ons toets baie goed saam en só word ook nuwe idees gebore.