web uni tv guide
Slim Billboard Desktop 1600x160 Afgrond

Trou op 'n 'budget' – Afgrond

Nuus
14 April 2021
Nadine en Frankie moes elke sent omdraai om 'n troue te reël. Ons kyk na hoe jy kan trou op 'n klein begroting.
Troue BB

Dit is nie maklik om 'n troubegroting vas te stel nie. Jou troue sal waarskynlik een van die grootste veesvieringe wees wat jy ooit sal hou - en die duurste.
Hier is 'n paar stappe om te verseker dat jy nie meer as wat in jou begroting is spandeer nie:

Stel jou begroting op
Hou boek van al jou uitgawes om seker te maak dat jy alle kostes dek. Jy kan 'n lys maak van alles wat gereël moet word, begroot en dan die eintlike kostes na betaling inwerk. 

Hou jou gastelys so klein as moontlik
By meeste lokale betaal jy per persoon. Probeer om net jou naaste vriende en familie te nooi. Dis jou dag en jy wil nie onnodig geld spandeer op iemand wat nie eintlik daar wil wees nie.

Spaar op spyseniering
Probeer 'n lokaal kies waar jy jou eie spyseniering kan reël. Jy betaal gewoonlik per persoon vir spyseniering, en as iemand nie opdaag nie – verloor jy die geld wat reeds aan hulle ete spandeer is.

Maak jou eie dekor
Baie lokale laat toe dat jy hulle dekor gebruik, maar soms teen 'n prys. Dink daaraan om vroegtydig te begin en jou eie tafelplasings, tafelversierings en kerkdekor te maak.

Kleredrag op uitverkoping
Kyk uit vir uitverkopings op trourokke en pakke. Vra jou strooijonkers en strooimeisies om die koste van hul klere te dek. 

Skakel elke Woensdag om 20:00 in vir Afgrond en gesels saam op sosiale media deur die hutsmerk #Afgrond te gebruik.