kykNET_Nou_kanaal_146_logo_png
Leef jou Reis
kykNET_Nou_kanaal_146_logo_png

Leef Jou Reis

144LeefstylPG

Sien Kroasië só – Leef jou Reis

Nuus
27 Mei 2019
.
Leef jou Reis Kroasie

Foto: Verskaf

Beplan jy dalk ’n Kroatiese reis in die nabye toekoms? In die sewende episode van Leef jou Reis 7 het Gerrie Pretorius en die span deur Kroasië gereis, en op ’n privaat boot op die pragtige blou Mediterreense waters van eiland na eiland gevaar. Na dié opwindende reis het ons by hom ingeloer om uit te vind wat wat hy sou aanbeveel vir ’n besoek aan dié pragtige land. Hier is sy tien wenke:

  1. Kies die regte tyd van die jaar. Kroasië is baie gewild vanwee Game of Thrones en ook sy baie sonskyn. September en Oktober is die beste tyd: Die hordes mense is weg en die weer is nogsteeds lekker.
     
  2. Island hopping” is nie so maklik op jou eie nie. Die Ferries vertrek slegs van sekere hawens en die tye word gereeld verander. Dis nogals onbetroubaar. Vir ’n stresvrye vakansie, klim eerder op die privaat bote waar hulle jou na ’n paar van die uitgesoekte eilande neem en jy bloot kan ontspan. Jy sien Kroasië dan op sy heel beste!
     
  3. Eet by die locals! Hulle maak ’n gereg wat jy noem peka, en geen kuier is afgerond sonder ’n behoorlike peka nie. Dis amper soos hulle weergawe van ’n Mediterreense potjie – heerlik!
     
  4. Pak jou gemaklikste stapskoene! Jy stap baie in Kroasië en jy wil gemaklik loop. Net die ou muur in Dubrovnik is reeds oor die twee kilometer lank, en dan praat ek nie eens van die nasioale parke nie.
     
  5. Stap terug in tyd en begin jou reis in Split. Dis ’n goeie basis om al die eilande te verken en jy kry die geleentheid om in die spore te stap van Diocletian, op sy dag Ceaser van die Romeinse ryk gewees en dus die magtigste man op aarde.
     
  6. Jou beste wisselkoers is by die kitsbank by die aankomssaal van die lughawe. Ek reis met slegs twee kredietkaarte (sou een dalk wegraak) en doen alles daarmee. Ek trek altyd ’n paar rand by die OTM om kontant op my te hê.
     
  7. Bly so sentraal as moontlik. Kroasië het die mooiste straatkafeetjies en kroegies, en dis heerlik om saans tussen hulle deur te stap. As jy ver bly, moet jy taxi of uber, of wag vir ’n bus wat dalk mag laat wees… Spandeer die ekstra paar rand en bly naby. Dan spaar jy ook sommer jouself van al die gestappery.
     
  8. Koop ’n das! Kroasië was die uitvinders van die das en verkoop die mooiste dasse.
     
  9. In Dubrovnik kan jy olyfroom koop wat gemeng is met heuning by een van Europa se oudste werkende apteke. Dié apteek doen al ononderbroke sake vir langer as 700 jaar en hulle room is glo die sleutel tot ewige jeug.
     
  10. Sonskyn en skinny dipping: Die eiland van Hvar se omliggende eilande kry bykans 3000 ure sonskyn per jaar en hier is báie strande waar die klere kan waai… Dis hoekom prins Harry so graag hier kom “uithang”. Probeer dit, hopelik gaan daar niemand wees wat jou ken nie...

Gerrie het onlangs teruggekyk na al sy bootvaarte op van die wêreld se mooiste blou waters – kyk die video hier onder:



HET JY AL INGESKRYF? KLIEK HIER EN WEN GROOT MET LEEF JOU REIS.

Eerskomende Maandag om 18:00 duur Gerrie se Kroatiese reis voort en in dié episode vertrek hy en die span onder meer na die Plitvice nasionale park naby Zagreb, een van die mooiste natuurparke wat watervalle en mere aanbetref. 

Vertel ons van jou reise op FacebookTwitter en Instagram deur die hutsmerk #LeefJouReis te gebruik.