web uni tv guide
web uni tv guide

Nêrens, Noord-Kaap

144Drama13 L

'Nêrens, Noord-Kaap Deel II': Episode 1 - Wat jy moet weet

Nuus
18 September 2024
Nêrens, Noord-Kaap: Deel II het afgeskop, en dit is reeds duidelik dat hierdie reeks kykers weer diep gaan raak.
Nêrens, Noord-Kaap Deel II

Ses aanhalings om te onthou

“Die plaas skud julle af soos herfsblare.” – Pa Lourens in sy dagboek aan Andries

"Dit sal maar net altyd hier moet bly, want ons het haar hier begrawe. En ons gaan Pappa ook hier moet begrawe.” – Klein Andries oor die familieplaas, Nêrens, aan jong Pa Lourens

"Ek kan skaars lees, en nou verwag jy ek moet dit tussen die lyne doen.” – Frans aan Lorrie

Pa Lourens: “Lorrie skink daar vir jou mense iets. Lourens gooi daar vir jou pa ’n dop.”
Ronnie: “Nee nee, Pa, ek is nou al wat...”
Suzette: “ ’n Jaar...”
Ronnie: “Op die wa.”
Pa Lourens: “Ek hoor die ding, maar kom nou...”

“Frans, die huis is leeg. Ek mis jou. Jou pa mis jou, al sal hy dit nooit erken nie. Ek ruil jou beddegoed elke week, en jy kan nou maar ophou hardloop en ’n slag weer huis toe kom. Lekker verjaar.” – Maggie se briefie aan Frans op sy verjaardag

Fleur: “Oom ben nog jonk.”
Pa Lourens: “Aargh.”
Fleur: “Jy hoef nie alleen te zijn.”
Pa Lourens: “Nee, meisiekind. Jy vang nie twee keer die son nie.” 

Vyf feite oor Episode 1 

  1. ’n Klein filmspan, wat die regisseur Nico Scheepers en die kinematograaf Chris Lotz ingesluit het, is Nederland toe om die skote met Andries (De Klerk) en Fleur (Melissa Willering) te verfilm. 
  2. Die toneel met Pa Lourens tussen die kokerbome is op die plaas Gannabos in die Nieuwoudtville-omgewing verfilm. Gannabos het die grootste kokerboomwoud in die Suidelike Halfrond. Kokerbome is interessant genoeg nie bome nie, maar in werklikheid ’n vetplant wat tot die aalwynfamilie behoort. 

  1. Die merk aan die lammetjie wat aan die begin van die episode met die draad om die nek gesien word, is met grimering gedoen. 
  2. Melissa Willering speel nie net die rol van Fleur nie – sy het ook die onderskrifte van haar Nederlandse woorde en die vertaling daarvan na Engels behartig. 
  3. Spoegwolf se “Sambreeltjie” is die liedjie wat gehoor word wanneer Andries en Fleur by Frans se partytjie op Lorrie se plaas aankom. 
  • Die eerste episode van Nêrens, Noord-Kaap Deel II is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar. Kyk saam elke Dinsdae om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144.