web uni tv guide
CW Slim BB BSV S15 Redelivery
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

“Myne” – Boer soek ‘n vrou

Nuus
27 Maart 2023
Boer Francois het toe vir Vanessa gevra om langer te kuier op die plaas!
Boer Francois Artikel Image

Die “Pappa-beer” van die 15de seisoen van Boer soek ‘n vrou, Francois het eintlik toe nie eers ‘n “eviction” gehad nie!

Lorinda het op die laaste dag voordat Francois sy keuse kon bekendmaak gesê dat sy graag wil onttrek omdat “’n vrou weet” en dat sy kon sien dat Francois slegs oë gehad het vir Vanessa.

Sy proses om na liefde te soek was bietjie onkonvensioneel gewees: Die eerste dag al toe Lorinda, Vanessa en Lizelle op die plaas gearriveer het, het Lizelle die skok-onthulling gemaak dat sy besluit het om die plaas te verlaat om aandag te gee aan ‘n ander verhouding, maar dit het hom nie gekeer om wel op die einde van die dag vir Vanessa te kies nie.

Dié volstruisboer van Oudtshoorn is mal oor die buitelewe, musiek en dans en dit is duidelik dat Vanessa hom weer kinderlik opgewonde en speels maak:

Belangrike eienskappe vir Francois in ‘n verhouding is: Spontaniteit, eerlikheid, Christelike waardes en baie goeie kommunikasie.

Kyk hier na ‘n dag in Francois se lewe op die plaas:

Boer Francois
Boer Francois
Boer Francois
Boer Francois
Boer Francois
Boer Francois
Boer Francois
Boer Francois
Boer Francois
Boer Francois
Gallery

Bly op hoogte van sake van Boer soek ‘n vrou deur in te skakel op kykNET, kanaal 144, Donderdae om 20:00 of stroom die episode op die DStv-app of Showmax. Gesels saam deur die hutsmerk, #BoerSoeknVrou te gebruik op Facebook, Twitter en Instagram.