web uni tv guide
kykNET_Juffrou_X_Slim_billboard
web uni tv guide

Juffrou X

144Drama16 VSL
6

Simon April

Vertolk deur Wayne van Rooyen.

Wanneer Simon besluit ’n ding moet gedoen word, kry hy dit gedoen. Hy is die een persoon op Steynhof wat deur almal gerespekteer word, maar toe sy suster daarvan verdink is dat sy Rochelle ontvoer het, het hy gevoel sy reputasie as leier is geskaad. Hy het ’n gematigde persoonlikheid, maar moenie sy verkeerde knoppies druk nie. As Simon eerlik met homself sou wees, sou hy graag plekke met Daniel wou ruil; dat hy die baas is en nie die plaaswerker se seun nie. Iemand moet egter vir Simon verduidelik dat geld nie die grootste euwel is nie, maar wel gulsigheid.