web uni tv guide
kykNET_Juffrou_X_Slim_billboard
web uni tv guide

Juffrou X

144Drama16 VSL
5

Liena April / Veronique Jacobs

Vertolk deur Annabel Kohl.

Vyftien jaar gelede het Liena haar plek geken. Sy het nooit teruggepaat nie, veral nie teenoor Herman en Susan vir wie sy as kinderoppasser gewerk het nie. Die laaste ding wat sy in haar lewe wou hê, is konflik. Haar broer Simon is haar held en sy het altyd gedroom om ’n sjef te word. Vandag is sy Veronique Prins, die jong vrou wat met die Steyns se baba van die plaas gevlug het. Sy is getroud met Jason Prins (Christo Davids), is ma van twee en ’n sjef by ’n bekende restaurant in die Kaap. Haar wêreld begin egter wankel wanneer die Steyn-baba opgespoor word en almal wonder waar die kinderoppasser is.