web uni tv guide
Binnelanders S14 Slim BB
web uni tv guide

Binnelanders

144SepiePG13
KV2 Deelnemer Marlene Kruger8

Marlene Kruger

Ouderdom: 38
Tuisdorp: Brackenfell
Beroep: Verf tegnikus, binneversiering, bou meubels en maak kinders groot

Hoekom dink jy is jy ’n goeie kandidaat vir die kykNET-program Kunsvlyt?
Ek is bang vir min en altyd oop vir ’n uitdaging. Ek is mal oor eksperimenteer en sal sukkel tot ek iets regkry waarvan ek klaar die finale prentjie van kan sien.

Watter tipe kunsvlyt doen jy en wat geniet jy die meeste?
Uit die aard van my werk doen ek ’n redelike verskeidenheid van projekte. Ek is die laaste ruk bederf in die sin dat ek kan kies wat ek wil doen. Dus neem ek veel eerder die projekte aan wat ’n uitdaging is, eerder as die normale verf- of herstelwerk.

Ek is mal om te eksperimenteer met kleure, tegnieke en nuwe produkte. Al is dit nog nie in Suid Afrika beskikbaar nie, gaan soek ek en sukkel ek tot ek iets kry om dieselfde eindresultaat as ’n Pinterest-foto te kry.

Ek versier my kinders se koeke met verjaarsdae, kies elke jaar ’n wilder tema, net om te kan sê ek kan.

Ek speel ook lekker in ons eie huis en verander gereeld ons dekor!

Hoe gereeld doen jy kunsvlyt?
Min of meer daagliks. Dit is in lyn met my beroep. Dus is ek min of meer elke dag aan die woel met een of ander projek. Soms spesifiek vir ’n klient, en ander tye iets wat ek maak om te verkoop.

Watter ander stokperdjies beoefen jy?
Tussen my kinders en my ‘werk’, is ek mal oor foto’s neem – sommer net happy snappies!

Wat is die grootste passie in jou lewe?
My grootste passie is om almal gelukkig, en hul lewens vol kleur te maak! Ek is mal daaroor om ander mense te leer hoe om hulle eie meubels te maak, dit mooi te maak en te verf!

Vertel ons meer van jou gesin/familie.
Ek is getroud, met drie kinders: amper 12, amper 10 en 3-jaar oud. My man is tans besig met sy meestersgraad in astrophysics, data science.

My kinders is drie uiteenlopende huppelkinders; elkeen met hulle eie dinge. My 12-jarige is my groot helpertjie; ’n tweede mamma vir haar klein sussie. My middelkind, seun, is ’n régte seunskind – vol dinge en min lus vir leer, en baie lief vir tegnologie. My babatjie (nou al 3) is my sanity. Sy maak ons lag en sorg vir permanente pret!