Anzél In Die Boland
144
Reisprogram
PG
WELKOM
Foto's
Kos, wingerd & kultuur
Fotos
Sabrage – Anzél in die boland 2
Anzél kyk terug na van die seisoen en herleef al die spesiale oomblikke. Ons leer ook van kappertjies, hoe om brandewyn te stook en Anzél probeer vir die eerste keer sabrage!
Fotos
Org de Rac – Anzél in die boland 2
Anzél vat die pad en gaan kyk hoe daar wyn langs die see gemaak word! Op pad terug stop sy by Org de Rac, huis van Jan Hendrik van der Westhuizen se wyne.
Fotos
Le Lude – Anzél in die boland 2
Anzél leer hoe mens bepaal wanneer druiwe reg is om te oes. Sy oorkom ook haar hoogtevrees deur die Boland van die lug te verken. Anzél kuier by die Barrow familie by Le Lude.
Fotos
Antonij Rupert wyne – Anzél in die boland 2
Anzél besoek voormalige renjaer, Sarel van der Merwe en hy stem in om haar om 'n resiesbaan te neem in 'n baie vinnige motor! Sy proe ook wyn by Antonij Rupert wyne.
Fotos
Simonsig – Anzél in die boland 2
Anzél kuier by Simonsig wynlangoed en vier 50 jaar van die Stellenbosch se wynroete. Sy gesels ook met Wynmaker van die jaar, Johan Malan.
Fotos
De Wetshof – Anzél in die boland 2
Anzél sluit aan by die De Wetshof span wat besig is om te pars. Sy hoor die stories oor hoe Chardonnay-wingerdstokke in ons land ingesmokkel is.
Fotos
KWV – Anzél in die boland 2
Die KWV is gestig in 1918 en Anzél vind uit oor hulle bydra tot Suid Afrika se wyn industrie. Sy besigtig die grootste wynvat in ons land en leer ook hoe brandewyn gestook word!
Fotos
Montpellier – Anzél in die boland 2
Anzél gaan vir 'n draffie saam Olimpiese atleet, Elana Meyer. Sy kuier by die plaas Montpellier in Tulbagh.
Fotos
Wyn te perd – Anzél in die Boland 2
Anzél gaan vir 'n perdry les en vertrek dan op 'n avontuurlustige twee-dag wynproe ekspedisie te perd.
Fotos
Franschoek Wine Tram – Anzél in die Boland 2
Anzél gesels met eiendom-ontwikkelaar, Martin Venter. Sy besoek ook Grande Provence -, Chamonix- en Dieu Donne landgoed met die ikoniese Franschoek Wine Tram.
Fotos
Bosman – Anzél in die Boland 2
Anzél gaan kuier by die Bosman familie. Op dié plaas sien sy waar wingerdstokke vandaan kom en sit aan by 'n baie spesiale tafel vir middagete.
Fotos
Fairview – Anzél in die Boland 2
Anzél ontmoet Ryk Neethling vir koffie en kuier op Fairview waar sy meer leer van die interessante geskiedenis van dié diverse plaas asook hoe om bokke te melk en kaas te maak.
Fotos
Kalmoesfontein – Anzél in die Boland 2
Anzél kuier by Adi Badenhorst op Kalmoesfontein en sit 'n hand by terwyl Karoo-spirits gemaak word. Sy sien ook hoe 'n perd opgelei word om deel te wees van die wynmaak proses!