web uni tv guide
OSSS
web uni tv guide

Op Seer Se Spoor

145Dokumentêr13 V

Ses splinternuwe speelfilms binnekort op kykNET&kie

Nuus
25 September 2024
Bly op die uitkyk vir hierdie ses flieks.
ataman

Kykers kan vanaf 6 Oktober 2024 om 20:00 elke Sondagaand uitsien na ses vollengtefilms wat op kykNET & kie te sien sal wees. Dubbel moeilikheid, Speel aan, Die rooftog, Ataman, !Dhina Boys en Lubinda vorm deel van MultiChoice Namibië se Ombura-projek.

Muneera Sallies, ’n toesigvervaardiger vir M-Net se Premium-kanale, sê hulle het met die Ombura-projek deurlopende mentorskap aan die verskillende rolprentmakers voorsien.

“Ons het deur die loop van die proses werskwinkels gehou en opleiding gebied in alle departemente, insluitend draaiboekskryf, regie, toneelspel en al die tegniese aspekte. Ons doelwit was om hierdie rolprentmakers met ’n omvattende holistiese benadering te bemagtig om hulle eie stories oor hul eie gemeenskappe en mense outentiek te vertel, terwyl hulle daarmee saam die ongelooflike skoonheid en talent van Namibië ten toon stel,” sê Muneera.

Roger Gertze, besturende direkteur van MultiChoice Namibië, kan nie wag om hulle unieke stories te deel nie.

“MultiChoice Namibië is die grootste befondser van plaaslike inhoud in die land. Ons wys inhoud in plaaslike tale met plaaslike akteurs en vertel stories wat kultureel resoneer. As Afrika se mees geliefde storieverteller, is ons opgewonde om binnekort ons unieke verhale op ons platforms DStv, GOtv en Showmax te deel, en só ook trots voort te gaan om Namibië aan die wêreld te wys,” sê Roger.

Hier is die films waarna kykers kan uitsien:

Dubbel moeilikheid

Komedie

Sondag 6 Oktober om 20:00

Regisseur: Ellen Ernst Melani

Met: Mervin Claasen, Mich Gaoseb, Johan Engelbrecht, Bianca Heyns, Felicity Philander en Willem Möller

Twee onbeholpe polisiebeamptes wat ’n dissiplinêre verhoor in die gesig staar, moet hul bekwaamheid bewys deur die stad se mees berugte misdadiger vas te trek.

Speel aan

Drama

Sondag 13 Oktober om 20:00

Regisseur: Errol Geingob

Met: Dawie Engelbrecht, Hazel Hinda, Lucky Pieters en Edo Dice Lutete.

’n Oud-sokkerafrigter met ’n tragiese verlede aanvaar teësinnig ’n pos om ’n sukkelende hoërskoolspan af te rig in die hoop dat dit vir hom sielsrus sal bring.

Ataman

Drama

Sondag 20 Oktober om 20:00

Regisseur: Lucia Kim Hamunghete

Met: Mpumelelo Malgas, Azembua Katjirua, Norman Job en Timothy Strauss

’n Jong, ambisieuse sokkerspeler laat nie toe dat sy oorlede pa se skaduwee en ’n reeks terugslae hom stuit om vir die nasionale span gekies te word nie.

!Dhina Boys

Drama Sondag 27 Oktober om 20:00

Regisseur: Michael Swartbooi en Lucia Kim Hamunghete

Met: Senga Brockerhoff, Otja Kooper, Keanu Greeves, Norbert van Wyk en Joe Mulisa

Ná ’n straatroof stig ’n enkelma ’n buurtwag saam met ’n selfverdediging-instrukteur om die gruwelike planne van ’n bendeleier te stuit.

Die rooftog

Komedie

Sondag 3 November om 20:00

Regisseur: Hildegard Titus

Met: Roger Nino, Edo Dice Lutete, Tjiurimo Kandjii, Amy-Leigh Hammond, Joyce Sydne Tjizu, Abigail Goliath, Oscar Shilongo en Mark Kariahuua

Ernest, ’n hardwerkende jong man, sukkel finansieel, maar dan daag sy neef Sly in die dorp op met ’n plan om al hulle probleme op te los – hy wil luukse salonne in Windhoek beroof. Sal hulle daarmee wegkom?

Lubinda

Aksie

Sondag 10 November om 20:00

Regisseur: Leon Mubiana

Met: Fareed Du Toit, Harmony Ahalwa, Llewellyn Muenjo, Nguundja Kandjii, Filna Nalisa en Johan

Engelbrecht Nadat hy ’n lewe van misdaad verlaat het, keer Lubinda terug na die onderwêreld om sy rebelse dogter uit die kake van ’n wraaksugtige verlede te red.

Skakel elke Sondagaand vanaf 6 Oktober 2024 tot 10 November 2024 om 20:00 in op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) vir ses splinternuwe speelfilms.