Dit was nog altyd vir kykNET, DStv-kanaal 144, belangrik dat kykers op hoogte moet bly van die jongste nuusgebeure, aktuele kwessies, welstand en entrepreneurskap-tendense. Daarom is daar daagliks op dié kanaal aktuele programme om juis dít te doen, en in Julie is ’n paar veranderinge aangebring.
kykNET se aktuele aanbod sal vanaf 4 Julie as volg uitsaai:
- Weeksdae skop om 05:30 af met GROOTplaas wat op landbou fokus.
- Die GROOT Ontbyt volg om 06:00 met byna ’n uur se nuus, koerantbesprekings, sportnuus en die weer, asook leefstylinsette.
- eNuus hou saans kykers sewe dae ’n week op hoogte van plaaslike en internasionale nuus.
- Vanaf 21 Julie maak die splinternuwe nuusprogram Wie’s Nuus? met Netwerk24 sy buiging om 21:00. Dit is ’n verskeidenheid nuusprogram en sal fokus op die nuusmakers wat die opskrifte gehaal het. Die aanbieder is Mia Spies.
- In Gesprek met Lourensa Eckard as aanbieder word Maandae om 20:30 uitgesaai.
- Prontuit, met Kabous Meiring aan die stuur, skuif na Dinsdae om 21:00.
- Spreekkamer, met Suzaan Steyn as aanbieder, is steeds Maandae om 17:30 op lug.
- Winslyn, aangebied deur Divan Botha, word Donderdae om 17:30 uitgesaai.
- kykNET&kie (DStv-kanaal 145) se vlagskip-program oor die sake van die dag, Kô, lat ons praat, word vanaf 3 Julie Sondagaande om 19:30 uitgesaai.