web uni tv guide
web uni tv guide

Lottoland Help 'n Dorp

144Realiteit18

“Lottoland help ’n dorp”: kykNET se treffer-werklikheidsreeks skop weer binnekort af vir ’n derde seisoen

Nuus
25 September 2024
Net soos die 25 dorpe in die eerste twee seisoene, gaan gewone mense ook hier sonder huiwering moue oprol om ’n merkwaardige verskil in hul gemeenskappe teweeg te bring.
Lottoland help 'n dorp

“Ons het ’n baie mooi land, en daar’s niks so lekker as om deur ons land te reis en hierdie dorpies te besoek nie. En wat dan nog lekkerder is, is om te sien hoe die dorpies ’n verskil probeer maak,” het Maryke Haywood, bemarkingshoof: Lottoland SA, aan die einde van die tweede seisoen gesê.

“Ek dink almal het ’n bietjie positiwiteit nodig, daar is nog daai liggie in die tonnel – en Lottoland help ’n dorp is verseker daai liggie in die tonnel. Ons gaan nie nou klaarmaak nie, daar’s nog ’n paar liggies wat aangesit moet word,” het die gewilde sangeres en programaanbieder, Leah van Niekerk, ook toe belowe.



En die Lottoland help ’n dorp doen gestand aan hierdie belofte aan 13 dorpe waar daar bepaalde behoeftes is. Net soos die 25 dorpe in die eerste twee seisoene, gaan gewone mense ook hier sonder huiwering moue oprol om ’n merkwaardige verskil in hul gemeenskappe teweeg te bring.

Leah en haar span gaan die land deurkruis – van Munster in KwaZulu-Natal tot Calvinia in die Noord-Kaap. In die Oos-Kaap is dit Burgersdorp se beurt en in die Vrystaat gaan dinge roer daar by Fauresmith.

Natuurlik word daar nie van die Noordwes-provinsie vergeet nie, en daar wag ’n lieflike verrassing vir die inwoners van een van die dorpe waar daar gewoonlik maklik verbygery word.

Geen dorp is té groot of té klein om baat te vind by Lottoland help ’n dorp nie. Die sleutel tot sukses in elke dorp wat vir hierdie merkwaardige projek ingeskryf het, lê in die sterkte van die gemeenskap en inwoners se bereidwilligheid om saam hand aan die ploeg te slaan tot voordeel van hul dorp.

“Die Lottoland help ’n dorp-inisiatief is definitief vir my ’n teken van hoop vir ons land. As jy kyk op elke episode – die positiwiteit, die tipe mense, die hartklop van ons land – dan kan ons sien daar is definitief hoop,” sê Maryke.

Soos met die vorige seisoen, begin die harde werk die oomblik wanneer Leah daardie groen koevertjie aan die dorp oorhandig. Hulle word ses weke gegun om die projek of projekte af te handel. Daar is ’n besigheidsplan en begrotings wat nagevolg moet word en dit verg baie samewerking van die gemeenskap om alles betyds klaar te kry.

Soms is daar ’n paar klippe in die pad van die projekte – dalk die weer wat nie saamspeel nie of voorrade wat van elders moet kom omdat kleiner dorpe nie noodwendig alles tot hulle beskikking het nie.

Oestyd of planttyd met trekkers en implemente wat in gevalle benodig word, kan sake ook effe ontspoor. Maar dis juis dán wanneer die diepte van ’n gemeenskap ontgin word en hulle dinge laat gebeur!

Leah en haar Lottoland help ’n dorp-span keer na ses weke terug om te sien wat alles in daardie paar weke gebeur het. En die kykers kan hulself voorberei vir verstommende resultate wat gereeld alle verwagtinge by verre oorskry.

Lottoland help ’n dorp beging Woensdag 9 Oktober om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) of stroom dit op DStv Stream.