kyknet channel logo

Kokkedoortjie: Edwin is gepak en gereed!

Nuus
29 Junie 2017
Edwin vertrek binnekort saam met sy gesin op ’n heerlike gesinsvakansie!
Kok Edwin Pentravel Bill

FOTO: Pentravel

Pentravel, die prysborg van die hoofpryse vir Kokkedoortjie, het Edwin gaan afneem waar hy gereedmaak vir die heerlike gesinsreis wat vir hom voorlê. Hy vertrek Saterdagoggend saam met sy ma, Marietjie, en suster, Martli, en hulle gaan reis oor die Middellandse See aan boord van ’n Norwegian Cruise Line-skip!

Lees meer oor die Kokkedoortjie-finaal.

Kyk hier onder na die foto’s.

FOTO’S: Pentravel

Vir Christi wag daar ’n vyfster-gesinsvakansie by die Paradis Beachcomber Golf Resort & Spa in Mauritius! Buiten vir die twee gróót pryse, het beide Edwin en Christi weggestap met ’n studiebeurs ter waarde van R20 000 van Virseker, ’n boeke-geskenkpak van NB Uitgewers, ’n kunswerk deur Theo Paul Vorster, ’n geskenkbewys van R10 000 van H&M én ’n skootrekenaar gelaai met 10 000 heerlike resepte, danksy Rolkem! Rolkem het verder R20 000 kontant aan die wenner geskenk en R10 000 kontant aan die naaswenner.

Die wenner het verder met ’n geskenk deur die keramiek-kunstenaar Diana Ferreira (ter waarde van meer as R20 000) weggestap, sowel as ’n R3000-geskenkbewys van LekkeSlaap.

Kokkedoortjie se finaal is op 28 Junie 2017 uitgesaai. Herhalings word Donderdae om 15:00, Vrydae om 11:00, Saterdae om 14:00, Maandae om 16:00 en Woensdae om 13:30 uitgesaai. Gesels saam op Facebook en Twitter (gebruik die hutsmerk #Kokkedoortjie) en hou ons Instagram-blad dop!