In die middel van Nêrens – Nêrens, Noord-Kaap📸 Zaheer BanderkerDrie vervreemde broers vind die kronkelpad terug na hulle ouerplaas, Nêrens, waar geheime, hartseer en die waarheid oor hulle ma se dood, in die pad van verlossing staan.Lourens Adendorff, die boer en patriarg van hierdie dorre koningkryk, kom skaars uit die huis uit. Die gordyne van sy sandsteen kasteel altyd toegetrek. Sy Nederlandse vrou, Katja, is reeds twintig jaar al oorlede en sy drie seuns het hom almal verlaat.Frans, die oudste, bestuur nog die plaas maar praat skaars ’n woord met sy pa. Ronnie, die middelkind, sit geskei in Kaapstad en probeer sy seuntjie van ’n afstand af grootmaak. En Andries, die jongste, appel van sy pa se oog, het hulle almal verwerp en is al jare lank oorsee. Die familie is in stukke, en die plaas stagneer in tyd en plek.