web uni tv guide
web uni tv guide

Die Byl

144Misdaad16 V

Amptelike voorskou – Die Byl

Video
30 November

Vier karakters wat ons deur die jare leer ken het. ’n Karakter wat terug is in ’n poging om vrede met haar verlede te maak. Twee nuwe spanlede wat hulle by die eenheid aansluit. Reeksmoordenaars wat Byl en sy span tot die uiterste toets en een wat hulle telkens ontglip en al meer met makabere dade tart. Dit is wat op kykers wag in die vyfde seisoen van die immergewilde reeks Die Byl, wat vanaf Dinsdag 16 Januarie 2024 om 20:00 weer op kykNET (DStv-kanaal 144) te sien sal wees.