Glam Guru is ‘n TV-leefstylprogram wat mooi maak sonder dokters en messe, en wat gewone mense die kans gee om ‘n fantastiese nuwe voorkoms te kry. Hannon is bekend as ‘n man van skoonheid en styl en is al ‘n super-stillis en die “man van wonderwerke” genoem. Nou kry jy die kans om dalk een van die gelukkiges te wees! Jy kan self inskryf of iemand benoem.
Wat Moet jy doen?
1. Stuur ’n e-pos aan [email protected] met jou naam, van, adres en telefoonnommer.
2. Heg ‘n vollengte-foto sowel as ’n gesigfoto aan van jouself of die persoon wat jy graag wil inskryf. Die foto mag nie ouer as ‘n maand wees nie. Duidelike selfoonfoto’s is ideaal.
3. Gebruik jou naam en ‘Glam Guru-inskrywing’ in die onderwerpveld.
4. Suksesvolle kandidate sal genooi word vir ‘n persoonlike onderhoud met Hannon in Johannesburg.
5. Die eerste onderhoude begin reeds einde Mei, so skryf so spoedig as moontlik in!
Die Fynskrif
• Geen korrespondensie sal gevoer word indien jou aansoek nie suksesvol is nie.
• Inskrywings is reeds oop en jy het kans om in te skryf tot 30 Mei 2021.