- Kajak-toer in Walker’s Bay
Hierdie toer gee jou die geleentheid om baie naby aan diere soos robbe, pikkewyne, dolfyne en moontlik selfs walvisse te kom!
- Besoek Klipgat-grot
Klipgat-grot is in Walker’s Bay Nature Reserve geleë, maar kan ook via ’n 7km staproete bereik word vanaf Gansbaai se hawe. Bene en gereedskap wat ongeveer 70000 jaar oud is was in dié grot gevind en besoekers kan ook ’n pragtige uitsig oor die see verwag!
- Stap die Cliff Path
Dié staproete is wêreldbekend vir walvis-kyk, maar kan enige tyd van die jaar geniet word! Die roete is ongeveer 12km lank en bevat talle landmerke sowel as ’n pragtige uitsig.
- Besoek “Die Markie”
Die Hermanuspietersfontein mark is gesinsvriendelik en troeteldiervriendelik! Bederf jouself met heerlike kos en wyn by Hemel en Aarde Village op enige Saterdag tydens jou besoek aan Hermanus.
- Kry ’n boek by Hemingways Bookshop
Dié boekwinkel is beroemd vir die unieke dekor sowel as die talle versamelstukke wat dit bevat! Al is lees nie een van jou stokperdjies nie moet jy ten minste een keer hierdie spesiale winkel besoek.
- Besoek die Whale House Museum
As jy Hermanus besoek om walvisse te sien sal dit beslis ’n goeie idee wees om eers ’n draai by hierdie museum te maak.
- Eet seekos by Bientang's Cave Seafood Restaurant
Wat is ’n besoek aan ’n kusdorp sonder om seekos reg langs die see te geniet? Die restaurant is in ’n grot by Walker’s Bay geleë en verskaf wonderlike kos wat geniet kan word terwyl jy uitkyk oor die see.
Gesels saam deur die hutsmerk, #OpMyEish te gebruik op Facebook, Twitter en Instagram en bly ingeskakel om te sien of Neels liefde vind in dié besonderse dorp!