Hierdie sielkundige drama draai om Joshua – ’n graad 8-leerling wat ’n aand van ontgroening by sy nuwe seunshoërskool deurmaak. Deur die verloop van die aand word Joshua gekonfronteer met omstandighede wat hom uitdaag. Hy word gedwing om te dink oor wie hy wil wees, en waarvoor hy bereid is om op te staan.