web uni tv guide

Lamskenkels

04 Julie

2 Porsies

Braai

3

Tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt het sjef Maritha Steyn heerlike lamskenkels met wortels en uie voorberei. Kry haar resep hier.

Die-GROOT-Ontbyt-6
Bestanddele

2 lamskenkels

20 ml olyfolie

1 ui

2 wortels

1 seldery

1 huisie knoffel

1 takkie roosmaryn

15 ml tamatiepuree

250 ml rooiwyn

sout

peper

500 ml biefaftreksel

Metode

 

  1. Voorverhit oond teen 180 ºC.
  2. Geur lamskenkels mildelik met sout en peper.
  3. Verhit olie in 'n pan oor hoë hitte. Voeg lamskenkels by en verbruin aan alle kante. Verwyder.
  4. Verlaag hitte na medium en voeg ui, wortels en seldery by. Braai totdat bestanddele verbruin – roer voortdurend.
  5. Voeg tamatiepuree, roosmaryn en knoffel by en geur met sout en peper.
  6. Braai vir 'n verdere 1,5 minute – roer voortdurend.
  7. Voeg wyn by en braai totdat wyn in die helfte verminder.
  8. Plaas nou alles in 'n oondvaste pot en voeg aftreksel by.
  9. Bedek en plaas in oond. Bak vir drie ure – draai skenkels om halfpad deur baktyd. (Voeg meer aftreksel by indien nodig.)
Die-GROOT-Ontbyt-3-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-07-04

Karringmelk-en-kaasmuffins

Gewildste Resepte