web uni tv guide

Hoender met vinkel

16 November

4 Porsies

725587

Klik hier vir ’n resep vir hoender met vinkel, wat in ’n episode van Edik van Nantes 2 voorberei is.

EVN2-Ep06-HOENDER-MET-VINKEL-1
Bestanddele

3 e druiwepitolie

12 hoenderdye

seesout

2 ½ k water

⅔ k rou amandels

handvol vinkelblare

handvol vars pietersielie

½ t grofgemaalde swartpeper

¼ t fyn kaneel

¼ t fyn gemmer

2 naeltjies

1 takkie saffraan

Metode

 

  1. Verhit olie in groot kastrol en verbruin hoender.
  2. Geur met sout en voeg water by.
  3. Laat prut vir 40 minute.
  4. Plaas amandels, vinkel en pietersielie in voedselverwerker en maak fyn.
  5. Haal hoender uit kastrol en plaas op opdienbord, bedek en hou warm in oond.
  6. Plaas mengsel in kastrol waarin hoender was.
  7. Voeg swartpeper, kaneel, naeltjies en saffraan by.
  8. Verhoog hitte en roer totdat sous verdik.
  9. Skep sous oor hoender.
EVN2-Ep06-PATATPASTA-1
Edik van Nantes Kie About
2016-11-16

Patatpasta

Gewildste Resepte