web uni tv guide

Gekaramaliseerde groente

05 September

Vegetaries

Dié heerlike groente-dis is tydens ’n episode van Edik van Nantes – Winter voorberei. 

GEKARAMALISEERDE  GROENTESLAAI
Bestanddele

1 kg klein rooi aartappels in medium blokkies gesny

400 g groenboontjies in helftes gesny

1/4 k botter

2 groot uie gekap

1/2 k balsamasyn

1/4 k bruinsuiker

knippie rissiepoeier

3 k botterslaai of cos slaai, gebreek

3 k ander groenslaai soos kruieslaai of waterkers, geen spinasie

swartpeper grofgemaal

Metode
  1. Kook aartappels en boontjies in liggies gesoute water tot gaar maar ferm.
  2. Dreineer en hou eenkant.
  3. Braai uie in botter oor medium hitte tot goudbruin.
  4. Roer asyn, suiker, rissiepoeier by, roer totdat suiker gesmelt is.
  5. Roer by aartappels en boontjies.
  6. Rangskik slaaiblare op groot opdienbord.
  7. Skep warm groente oor, geur met peper en bedien onmiddellik.
EVN_6
Edik van Nantes Kie About
15 August 2018

Vinkel-en-vy-tert