Marinette Schoeman is Roelof se ma – ’n pragtige, spirituele vrou met ’n lewenslustige houding. Sy laat haar nie sommer bind deur “wat sal mense sê?” nie. Terselfdertyd steek sy ’n hartseer diep weg, wat soms – dalk na ’n ekstra skemerkelkie – haar kan oorval.