“Ek’s ’n kreatiewe vrou wat hou van nuwe uitdagings. God vresend en lief vir die lewe... Ek hou van dans, die buitelewe en om sosiaal te verkeer. Ek hou ook daarvan om mense se emosionele nood raak te sien en hul daar te probeer help.”
Klik op ‘LEES MEER’ indien jy belangstel in Heleen.
OUDERDOM: 53
KINDERS: Twee
KWALIFIKASIE: Tandheelkunde assistent
BOERDERY: Wild en beeste
AREA: Pienaarsrivier, Limpopo
HUISTAAL: Afrikaans
HUWELIKSTATUS: Geskei
LENGTE: 1.65 m
BOER/BESTUURDER: Boer
OPSOEK NA:
’n Netjiese, nederige, Godvresende Braveheart... Iemand wat selfvertroue het om sy Godgegewe taak op aarde uit te voer, wat na die Here se stem luister en my op die hande sal dra – maar my tog op my plek sal sit indien nodig.
LEWENSSKETS EN BELANGSTELLINGS:
Ek’s ’n kreatiewe vrou wat hou van nuwe uitdagings. God vresend en lief vir die lewe... Ek hou van dans, die buitelewe en om sosiaal te verkeer. Ek hou ook daarvan om mense se emosionele nood raak te sien en hul daar te probeer help.
LESSE UIT VORIGE VERHOUDINGS:
Raak eers lief vir jouself en wees gelukkig in jouself. Kry vrede met jou verlede voordat jy vir iemand anders kan liefhê. Doen wat jy moet doen voordat jy kan doen wat jy wil doen.
BESTE EIENSKAPPE:
Ek het empatie met my medemens. Ek het deursettingsvermoë en uithou-vermoë. Ek het integriteit: if you do the right thing, you can't go wrong.
SLEGSTE EIENSKAPPE:
Ek raak gou verveeld. Ek het ongeduld met laksheid en onsekerheid. Ek hou nie van admin nie.
IS DIÉ BOER ROMANTIES EN DIE IDEALE ROMANTIESE AFSPRAAK:
Om op die ingewing van die oomblik verras te word met ’n uitstappie of avontuur.
STEL JY BELANG IN HELEEN? SKRYF DAN VIR HAAR ’N BRIEF!
Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere