web uni tv guide
Hotel S5 Slim
Mooimaak_Isabel

Isabel Terblanche

Ek kom van Riviersonderend, waar ek gebore en groot geword het. Ek het uitgetree uit die onderwys en boer nou saam met my man, Gert, op die familieplaas. Ons neem gereeld deel aan skietkompetisies en gaan jag ook saam. Ek hou ook van die restourasie van hout en tuinmaak.

Die belangrikste in my lewe is my gesin, liefde en gesondheid – geen geld kan dit koop nie!

Uit my egskeiding het ek geleer dat geluk in jouself begin. Ek het myself na dié trauma weer opgebou en geleer om weer trots te wees op myself. Vandag is ek weer 11 jaar getroud met ’n wonderwerk van ’n man, en my lewe is vandag ’n lied.