Jacques is ’n baie aantreklike swemafrigter en haan onder die henne. Hy is snaaks, sjarmant en ’n omgeemens. Jacques staan nog altyd in sy pa, Gys, se skaduwee en is volgens hom ’n onderpresteerder. Pa en seun is uiters kompeterend met mekaar.