Gys is die sentrale karakter. Sy droom is om ’n internasionale sportakademie op die been te bring. Hy plaas baie druk op sy kleinseun, Johan, om in swem te presteer, lewe bo sy vermoëns en is baie geldgierig. Sy ambisie en gedrewendheid maak dat hy mense naby aan hom seermaak.