As jy tussen die ouderdom van 6 en 9 jaar oud is en wil deel wees van die Kyk wie praat klas van 2023, stuur vir Oom De Klerk ’n video waar jy die volgende vrae antwoord:
- Moet asb nie die antwoorde vooraf oefen nie. Ons soek spontane reaksies!
- Onthou daar is nie ’n verkeerde of ’n regte antwoord nie.
Vrae:
- Wat is jou naam?
- Hoe oud is jy?
- Wat dink jy is ’n skrikkeljaar?
- As daar vir eendag niks reëls was nie, wat sal jy alles doen?
- Wat weet jy, wat niemand anders weet nie?
Whatsapp jou video na 066 177 2415 voor 15 Mei 2023.
Stuur ook ’n Whatsapp-boodskap met die volgende inligting, saam met jou video:
- ’n Kop-en-skouers foto van jouself
- Jou naam en van
- Ouderdom
- Geboortedatum
- Ouer/Voog se naam en van
- Kontaknommer
- Fisiese adres
- Epos adres
BEPALINGS EN VOORWAARDES
- Geen video’s sal aanvaar word as jy jonger of ouer is as 6-9 jaar nie.
- Geen video’s sal aanvaar word na die sluitingsdatum nie. ( 15 Mei 2023 )
- Opnames vind tussen 30 Mei 2023 – 28 Junie 2023 in Kaapstad plaas.
- Slegs ouers of wettige voogde van kinders mag video’s instuur.
- Die selfoonnommer waarheen oudisies gestuur word, word gemonitor en inligting word beskerm deur een gemagtigde persoon.
- Alle inskrywings sal deur ‘n keuringsproses gaan. Deelname aan Kyk wie praat, word nie gewaarborg nie.
- Video’s mag nie langer as 2 min wees nie en word slegs vir interne oudisies gebruik.