web uni tv guide
Kyk Wie Praat Slim Billboard Desktop 1600x160
web uni tv guide

Kyk Wie Praat

144KompetisiePG

Pittige kleingoed sorg vir groot vermaak – Kyk wie praat

Nuus
29 Junie 2021
Kyk wie praat begin op Donderdag 22 Julie om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144.
2001x859

Die nuwe kykNET vermaakprogram Kyk wie praat beloof om net die regte humoristiese medisyne hierdie winter te wees. Die program gaan beslis ’n kindersterretjie of drie skep en vir hope vermaak vir die hele gesin sorg.

Hoe werk die program? Daar is ’n groepie bekkige kinders tussen die ouderdom van ses en nege aan wie vrae gevra word. Die vier volwasse deelnemers aan die program moet dan raai wat die kleingoed se antwoorde op die vrae was. Klink maklik, nè? Moenie glo nie! Soos almal weet, is hoe ’n kind dink nie so voorspelbaar soos wat mens dit wil hê nie.

Die vier deelnemers per program word rondte per rondte uitgeskakel tot net een oorbly. Op die spel is ’n naweek weg indien die deelnemer genoeg punte versamel het. Daar is ook ’n kans om R10 000,00 per program te wen, maar indien dié bedrag nie gewen word nie, staan dit oor tot ’n boerpot-prys wat in episode 13, die finale program in die reeks, gewen gaan word. In hierdie episode neem die vier deelnemers wat die meeste punte in die vorige twaalf programme ingesamel het, deel.

Die aanbieder van Kyk wie praat is die immergewilde De Klerk Oelofse. In elke program is daar nege kinders wat die vier deelnemers op hulle tone gaan hou.

“Ek dink een van die slegste dinge van ouer word, is om so ’n stukkie van jou onskuld te verloor,” sê De Klerk. “Kyk wie praat is my kans om opnuut na die wêreld te kyk deur die oë van klein mensies. Dis natuurlik ’n bonus dat hulle vrek snaaks is!”

Om die reeks af te skop, is vier bekendes gevra om aan die eerste episode deel te neem. Hulle is Emo Adams, Margit Meyer-Rödenbeck, Pierre Greeff en Tracey Lange. Die prysgeld in hierdie epiosde gaan na ’n liefdadigheidsorganisasie van hulle keuse.

Kyk wie praat begin op Donderdag 22 Julie om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144.